Meer oor Jan Hendrik Friso van der Wal (Lofty): (14/05/1926 - 29/12/2006)
Jan van der Wal
Jan is gebore in die Ohrigstad distrik, en is een van ses kinders. Hy word groot op die plaas Höningnestkrans, en kry sy skool onderrig by 'n naby geleë plaas skooltjie tot en met standerd vier. Daarna was hy verplig om in Ohrigstad skool te gaan (standerd vyf en ses) want die plaas skooltjie het gesluit as gevolg van die leerling getalle wat afgeneem het. Hy voltooi die einde van 1944 sy hoërskool loopbaan in Lydenburg Hoërskool waar hy ook in die koshuis gewoon het. Gedurende sy hoërskool loopbaan blink hy uit in atletiek, speel vir die eerste span Rugby en Krieket. Hy is ook die wenner van die Victor Ludorum vir sy atletiek prestasies.
Lydenburg Hoërskool - 1ste Rugbyspan 1944, Jan staan in die agterste ry, 4de van regs.
Akademies presteer hy ook goed, onderandere in vakke soos wiskunde en wetenskap. As gevolg van sy goeie akademiese prestasie kry hy 'n beurs om verder te gaan studeer, maar doen in hierdie tydperk bilharzia op. As gevolg van die siekte, verbeur hy sy beurs, en is genoodsaak om werk te gaan soek, en kry die geleentheid om vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS&H) te gaan werk. Gedurende die begin jare was Jan meestal op aflos, en 'n treinwa was vir 'n lang tyd sy tuiste. Hy los af op omtrent elke spoorweg stasie in Oos en Noord Transvaal. Op Penge in 'n losieshuis waar hy loseer, ontmoet hy vir Wilhelmina Middel en hulle verhouding loop uit op 'n huwelik. Na hulle huwelik gaan woon hulle in 'n woonstel in Witbank, terwyl hy aflos in Middelburg. Hulle twee kinders, 'n seun en dogter word gebore op Witbank, en gedurende die jaar 1960 verhuis Jan en sy gesin na Middelburg. Hy neem aktief deel aan tennis, een van sy gunsteling sportsoorte. 'n Tragedie tref die gesin met die dood van Jan se vrou in 1978 weens hartversaking.
Gedurende 1980 besluit Jan om 'n bevorderingsgeleentheid aan te neem as afdelingshoof in Rustenburg, en word verplaas na Rustenburg. Gedurende sy ses jaar in Rustenburg ontmoet hy sy tweede vrou, Carol Klopper en hulle tree in die huwelik in dieselfde jaar as wat Jan aftree. Na Jan se aftrede gedurende 1986, verhuis Jan en Carol terug na Middelburg waar hulle vir 20 jaar gewoon het. Jan sterf op 29 Desember 2006 in die Unitas Hospitaal Pretoria weens komlikasies na 'n opersie. Jan is te ruste gele in die Middelburg-Suid begraafplaas op 04 Januarie 2007.
Jan en Carol afgeneem by hulle huis, 17/03/2002
Kinders wat uit Jan van der Wal (Lofty) en Wilhelmina Dorothea Middel (Sus) se huwelik gebore is: