Terug na tuisbladsy

 

Meer omtrent my:

Is gebore in Witbank op 24 Augustus 1957, en op die ouderdom van drie jaar verhuis my ouers na Middelburg. Dis hier waar ek groot geword het, skool gegaan, en nog steeds woon en werk.

Gedurende my laerskool loopbaan by Laerskool C.R. Swart, het ons dikwels vir my ouma KOBA VAN DER WAL (gebore Lothering) op die plaas HŲningneskans in die Ohrigstad distrik gaan kuier. My oupa JAN VAN DER WAL wat ek nooit geken het nie, is op hierdie plaas begrawe. Hy is oorlede toe my pa JAN VAN DER WAL (LOFTIE) die ouderdom van 9 jaar oud was. Met tyd na die afsterwe van my ouma, het ek begin wonder oor die lewe en geskiedenis van my oupa, sy lewe as 'n jong seun en man in Friesland, en later in Suid-Afrika. Tesame met twee van sy broers WILLEM RUURD en SAKE VAN DER WAL immigreer hulle vanaf Nederland, uit die provinsie Friesland na Suid-Afrika iewers in die laat 1880 / 90's, en net voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Hier begin die lewensgeskiedenis van die VAN DER WAL's van OHRIGSTAD en LYDENBURG distrik wat my laat besluit het om die enorme taak aan te pak om 'n stamboom ondersoek van stapel te stuur. Sien Ohrigstad - Lydenburg skakel.

Nadat ek matriek in Middelburg HoŽrskool in 1975 geslaag het, het ek by Southern Cross Steel (wat later Middelburg Steel & Alloys geword het, en tans Columbus Stainless) begin werk. Gedurende die helfte van 1976 is ek vir verpligte militÍre opleiding opgeroep, en my basies opleiding in 5 SAI Ladysmith gedoen. Gedurende hierdie een jaar van my basiese opleiding was ek die laaste 5 maande in Ovamboland - Suidwes-Afrika (nou NamibiŽ). Gedurende my militÍre kamp verpligtinge met Regiment HoŽveld, het ek ook op die noord grens van Suid-Afrika (Transvaal), in RhodesiŽ (nou Zimbabwe) en Oos Caprivi (Katima Milimo) grens kampe gedoen. Drie jaar na my basiese militÍre diensplig, is ek toe getroud met ALETTA VAN DER WAL (BOTES), uit die huwelik is ons twee kinders gebore, FRISO (jnr.) en NOELENE VAN DER WAL.

In 1976 het ek begin werk vir Columbus Stainless in die Laboratorium. In 1992 voltooi ek my akademiese opleiding in rekenaarwetenskap en word oorgeplaas na die I.T. afdeling van die maatskappy. Einde van September 2002 word die hele I.T. afdeling uitgekontrakteer aan die AST Groep, wat nou bekend staan as Gijima, wat tans my huidige werkgewer is.

Jan, my pa en sy broer Sake (weerskante van my) is die enigste twee oorlewende familielede van die eerste generasie VAN DER WALís van Ohrigstad / Lydenburg in Suid-Afrika. (foto: geneem op 08/01/2003)

Ander belangstellings: (Sport soorte en stokperdjies waarmee ek my besig hou)

Marathonne (pad-wedlope)

Praktiese pistool skiet (Combat shooting)

Tydrenne (navigeer vir 3 jaar, tree ook op as beampte in verskeie afdelings soos tydhou onder die vaandel van Arthur Alford)

Bou van model houtbootjies (seil skippies)

SeŽl versameling (algemeen)

Bou en vlieg van radiobeheerde model vliegtuie (RC)

Hierdie webwerf is daargestel vir die geskiedenis van die van der Walle in Suid-Afrika en is 'n gesamentlike spanpoging van familielede.

J.F. van der Wal