Terug na tuisbladsy

      Sien foto's!

VAN DER WAL RE‹NIE GEHOU OP 14 -15 MAART 2009 TE OHRIGSTAD

 

Die VAN DER WAL reŁnie is saam met die Laerskool Ohrigstad se 100 jaar feesviering geherdenk. In hierdie skool het ook 'n paar VAN DER WAL onderwysers skool gegee, wat die Sondag met die 100 jaar feesviering 'n spesiale erkenning gekry gedurende 'n plegtigheid wat in die binnehof van die skool plaasgevind het.

Talle VAN DER WAL kinders het hulle skool onderig hier gekry, wat die skool ook dan 'n besonderse verbinding maak met die VAN DER WAL geskiedenis in Ohrigstad. In die skool se joernale wat oor talle jare strek, is baie VAN DER WAL prestasies en selfs beserings wat op die skoolterrein plaasgevind het, opgeteken. Daar was 'n magdom van interessante uitstallings van foto's, ou skoolboeke, geskrifte, dokumente, ens.  

Aan die oostekant van die rugby veld, het Buks 'n groot geel tent opgeslaan vir die VAN DER WAL reŁnie. In die tent is 'n uitstalling gehou met geskiedkundige foto's, daar is lekker gekuier om die braaivleisvure tot laat die Saterdagaand. 'n Boereorkes het terselfdertyd vir groot vermaak gesorg in die skoolsaal tot baie laat die nag.

Die Sondagoggend is 'n kort erediens gehou, en die fees is afgesluit met 'n koor opvoering van Alegra, waarna tee en verversings aangebied is.