Terug na vorige bladsy  

Meer oor Jan en Koba se dogters:

 
   

Die drie van der Wal susters.

Letta Nel (née van der Wal) is met Louis Nel getroud, wat 'n boer en 'n bouer in die omgewing van Ohrigstad was. Uit hulle huwelik is vier seuns en een dogter gebore. Die gesin het later verhuis na Dublin.  Die egpaar is op Springs begrawe na hul afsterwe.

Rika (middel op foto) was nooit getroud nie, en het die grootste gedeelte van haar lewe op die plaas Höningnestkrans deurgebring om na haar ma Koba om te sien. Na Koba se afsterwe, het sy Witbank toe verhuis en by haar suster Lena (regs op foto) gaan bly. Na haar afsterwe is sy op Witbank begrawe.

Lena Jansen van Rensburg (née van der Wal) is met Jan Jansen van Rensburg getroud. Oorsprongklik het die famile eers op Ohrigstad gewoon waar Jan stasiemeester was. Later het die gesin Witbank toe verhuis nadat Jan bevordering gekry het as inspekteur. Uit hulle huwelik is twee seuns en drie dogters gebore. Jan en Lena is beide op Witbank begrawe. Hulle oorblywende dogters Sussie en Magda is nog steeds op Witbank woonagtig, terwyl hul broer Daan op Lydenburg gevestig is.

Drie susters, v.l.n.r. Letta, Rika en Lena

.
 
.