Die familie in Nederland:
Janna en Jansje, die oudste en die jongste van die vyf kinders (twee susters) het in Nederland agter gebly. Met die koms van die drie broers Willem, Jan en Sake na Suid-Afrika het hulle in kontak met mekaar gebly deur briewe en foto’s vir mekaar aan te stuur. Die foto’s hier onder is so bekom. Ongelukkig is kontak met die familie in Nederland later met tyd verloor weens die afsterwe van familielede in Nederland en in Suid-Afrika. Volgens oorverteling het Janna, die oudste suster geďmmigreer na die VSA. Daar sal aanhoudend gepoog word om meer navorsing te doen in hierdie verband. Hooplik kan daar weer eendag kontak gemaak word met die nuwe generasie familielede in die verskeie lande.

Jansje, die jongste suster van die familie in Friesland saam met haar man Jan Braggaar en hulle klein-seun Jan te Haarlem (1938)

Die Braggaar familie met Jansje heel voor: Die inskripsie agter op die foto lees:
Braggaar. S'Gravenhage, Laurierstraat 2, Denhaag.