Terug na tuisbladsy

VAN DER WAL afstammelinge van Ohrigstad - Lydenburg distrik

Van der Wal - Stamboom

 (sien nuwe foto's en historiese brief - skakels op hierdie bladsy)

    Hierdie afdeling van die VAN DER WAL webwerf word gewy aan die genealogie van Ohrigstad en Lydenburg persone, families en hulle afstammelinge. Die drie VAN DER WAL broers wat vanaf Friesland na Suid-Afrika toe geÔmmigreer het, se geskiedenis en hul agtergrond asook afkoms word in hierdie deel gedokumenteer, om dit sodoende vir die nageslag te bewaar.

 Die oorspronklike familie geskiedenis in Friesland:

'n Hele VAN DER WAL nageslag het hier in Suid-Afrika ontstaan as gevolg van die drie VAN DER WAL broers wat uit Friesland in die laat 1880 / 90's na Suid-Afrika toe geÔmmigreer het. Willem Ruurd van der Wal het eerste uit Friesland hier aangekom as 'n Nederlandse onderwyser en is later van tyd in die Ohrigstad vallei op die plaas Doornhoek gevestig. Sy twee broers Jan en Sake van der Wal het 'n paar jaar later hom gevolg uit Friesland, en hier aangekom kort voordat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het. Vermoedelik het beide eers by Willem ingewoon, waar hulle ook later van tyd hulle in die Ohrigstad distrik gevestig het. Hulle vader Ruurd Willems van der Wal is weer getroud (sy tweede huwelik) met Hendrika Petronella Schelhaas in die jaar 1856.

                                                   

Foto van: Ruurd Willems van der Wal (05/08/1825 - 10/01/1871) wat as die stamvader beskou kan word. Regs is twee van sy seuns Sake en Jan van der Wal. Die foto is geneem in Amsterdam, Nederland, agterop die foto staan: S v/d Wal en J v/d Wal - 1897. Willem was alreeds 'n geruime tyd in Suid-Afrika.

Uit die huwelik is 5 kinders gebore, waarvan die twee susters Janna en Jansje in Nederland agter gebly het. Ruurd Willems is op 'n vroeŽ ouderdom van 46 jaar oorlede terwyl die drie seuns onderskeidelik 11, 9 en 8 jaar oud was. Hy kan beskou word as die 'stamvader' van die VAN DER WAL nageslag van Ohrigstad / Lydenburg distrik. Daar word ook oorvertel dat hy moontlik soveel as 3 skepe besit het.

meer oor Ruurd Willems van der Wal (stamvader)

Meer oor die drie broers:

Willem Ruurd van der Wal: Nuwe foto!

Willem Ruurd is gebore in Idaarderadeel - Friesland op 3 Augustus 1860. Hy immigreer na Suid-Afrika in die jaar 1888 (presiese datum kon nog nie vasgestel word nie). Willem was een van die groep Hollandse onderwysers wat deur die President van die Transvaalse Republiek (Z.A.R.) Paul Kruger destyds laat kom het om die onderwys stelsel in die Z.A.R. op standaard te bring. Op 23 April 1897 word Willem ook aangestel as onder kommissaris van Naturelle sake in Sekoekoenieland, distrik Lydenburg.

Hy trou met Sara Susanna Prinsloo (Sarie) en vestig hulle later met tyd op die plaas Doornhoek in 'n groot klip huis (sien foto's elders), waarvan die murasie vandag nog daar staan. (met die besoek op die plaas Doornhoek, Maart 2003, is ontdek dat die murasie plat gestoot is deur die nuwe eienaars. Uit hierdie huwelik word twaalf kinders gebore, van die kinders sterf in die Barberton se konsentrasie kamp gedurende die oorlog.

Willem Ruurd van der Wal

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog word hy saam met sy broer Jan deur die Engelse as krygsgevange geneem omdat hulle geweier het om die "eed van getrouheid aan die Britse kroon" te onderteken. Beide word in hegtenis geneem op 01 Junie 1901 Doornhoek, Lydenburg distrik.

  Lees Willem se handgeskrewe brief toe hy hegtenis geneem is as krygsgevange, 'n motorkar ongeluk oorleef met sy afvoer na Lydenburg, asook hoe hy geweier het om 'n "joiner" te word. Onder volg 'n uittreksel uit sy brief:

". . . . 'n ou kennis, Engelse Afrikaner, inwoner van Pelgrimsrust en nog al 'n Vrederegter onder Oom Paul . . . "

 

Boere krygsgevangenes wat na oorsee se kampe gestuur was, is na Simonstad vervoer waar hulle daar vanaf vertrek het na Britse kolonies so vÍr as Bermuda, St. Helena en IndiŽ. Willem Ruurd en sy broer Jan word saam met ander Boere krygsgevangenisse op een van die agt Bermuda eilande (Burts) wat in die Atlantiese Oseaan geleŽ is, aangehou. Willem het blykbaar 'n sakboekie gehad waarin hy sketse geteken het van Britse soldate en beelde van gebeurtenisse wat op die eiland afgespeel het waar hy aangehou was. Die mense wat hierdie sketse na die tyd gesien het, sÍ dit is baie realisties gedoen. Hierdie sakboekie is later glo aan die Museum in Bloemfontein geskenk deur familielede. Na sy vrylating keer hy weer terug na Suid-Afrika op 28 Augustus 1902.

Op 6 November 1902 dien Willem 'n klag by die Koloniale sekretaris se kantoor in dat hy al sy beeste gedurende die oorlog verloor het. Die beeste is later in die besit van hoofman Sjoppiaan gevind. Gedurende 1914 tree Willem uit as die Kommissaris van gereg en vrede.

Willem sterf op 6 April 1936 te Ohrigstad en word op die plaas Doornhoek begrawe.

meer oor Willem Ruurd van der Wal

 

Jan van der Wal:

Jan is gebore in Lemsterland - Friesland op 18 Julie 1862. Op 12 jarige ouderdom verlaat hy sy ouerhuis en begin op 'n skip(skepe) te werk. Sy jong jare as matroos bring hy deur op die oop see, en uit die aard van die saak sien hy baie lande en kontinente regoor die wÍreld. Dit bring ook mee dat hy sewe tale kon verstaan en van hulle praat. Met sy uittrede uit die vloot volg hy Willem na Suid-Afrika. Met die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog met Brittanje (1899 - 1902) word Jan saam met sy broer Willem deur die Engelse as krygsgevangene geneem. Jan en sy broer Willem Ruurd word saam met ander Boere krygsgevangenisse op een van die agt Bermuda eilande (Burts) wat in die Atlantiese Oseaan geleŽ is, 900 km oos van die VSA, en halfpad tussen die Wes-Indiese eilande en Kanada aangehou gedurende hierdie tydperk. Meer as 4600 Boere is daar aangehou sedert Julie 1901. Die huisvestiging het meestal uit tente bestaan. Met 'n sakmes as primÍre gereedskapstuk vervaardig hy heelwat artikels uit hout (sien foto van seilskippie iewers op die webwerf). Een van die artikels is 'n 3-mas seilskip wat vandag in die Lydenburg museum tentoon gestel word. Reeds in Julie en Augustus 1902 na afloop van die oorlog word die eerste Boere krygsgevangenes met transportskepe weer terug na Suid-Afrika gestuur. Met sy vrylating word hy geweier om weer in Suid-Afrika toegelaat te word, omdat hy op daardie stadium nie burgerskap gehad het soos sy broer Willem nie. (Sien brief van Willem aan Jan).

           

Jan van der Wal

Uiteindelik terug op Suid-Afrikaanse bodem kom vestig hy hom op die plaas HŲningnestkrans, nie vÍr van Willem Ruurd se plaas Doornhoek af nie. Hy trou met die jong Jacoba Lothering (Koba) wat op 'n tyd by Willem Ruurd-hulle te Doornhoek ingewoon het. Uit die huwelik word 3 seuns en 3 dogters gebore. Hy begin 'n transport besigheid met 'n wa en osse. Hy het ook probeer om 'n boerdery (koring, mielies en boontjies) op die been te bring, maar was nie baie suksesvol nie. Die boerdery is later deur sy oudste seun Ruurd Willem vir 'n tyd behartig na sy Pa se afsterwe. Ruurd se jonger broer, Jan het dikwels vertel hoe hy gedurende ploegtyd elke middag na skool tou leier vir die span osse moes wees, terwyl Ruurd die ploeg hanteer het. Die einste wa en osse is later deur 'n ene Hans Breytenbach kom opeis vir uitstaande skild (vermoedelik grond wat gehuur was, waarvan hy nie die maandelikse huur geld nie kon bekostig nie vanweŽ die droogte, sprinkaan plae en mislukte oeste).

Jan van der Wal sterf weens long komplikasies op 15 Junie 1935, en word begrawe op sy plaas HŲningnestkrans.

meer oor Jan van der Wal

 

Sake van der Wal:

Sake is gebore ter Lemsterland - Friesland op 4 Desember 1864. Hy was die "kunstenaar" in die familie, en vele van sy skilderye is vandag nog in VAN DER WAL familielede se besit. Hy was nooit getroud nie, en uit die aard van die het hy nooit kinders gehad nie. Sake het 'n winkeltjie besit waarin hy allerhande goedere handel gedryf het. Hy het glo 'n nooi gehad wat later in 'n brand omgekom het.

Sake van der Wal

Na Sake se afsterwe word hy in die familie begraafplaas van Willem Ruurd te Doornhoek begrawe.

meer oor Sake van der Wal   (wees geduldig wanneer hierdie bladsy afgelaai word, dit is vanweŽ die hoŽ grafiese intensiteit van die bladsy)